Suid-Afrika kan beskryf word as ‘n getraumatiseerde gemeenskap. Talle persone is reeds geraak deur trauma en krisisse en daar is sovele wat worstel met ‘n magdom van onverwerkte emosionele pyn. Die oogmerk van hierdie kursus is gevolglik om persone wat ‘n passie vir andere se seer het, toe te rus om pastorale begeleiding te kan bied aan diegene wat deur trauma en krisisse geraak is. Die kursus is baie sterk praktyk gerig met talle praktiese voorbeelde wat telkens as toepassing dien van basiese teoretiese uitgangspunte geskoei op Bybelse vertrekpunte. Afgesien van die akademiese toerusting wat hierdie kursus bied, hou dit ook ‘n groot stuk geestelike groei en verryking in – u mag nie hierdie geleentheid misloop nie!
Status van kursus: PUK Sertifikaat
Kursusleier
Prof Wentzel Coetzer
Vereistes
Die basiese vereiste is matriek plus twee jaar tersiêre opleiding (persone wat nie oor die nodige vereiste beskik nie kan my kontak met betrekking tot ’n alternatiewe opsie).
Duur van kursus
Een Jaar (1 Jan 2012 – 31 Des 2012)
Struktuur
- Vier verpligte werkswinkels van vier dae elk, versprei oor ‘n jaar.
(Waar persone weens onvermydelike omstandighede nie die werkswinkels kan bywoon nie en nogtans vir die kursus wil inskryf, sal dit moontlik wees – hulle sal dan egter verplig word om die CD’s aan te koop wat die inhoud van die werkswinkels bevat – persone wat die kursus op hierdie wyse doen, sal egter ongelukkig nie die PUK sertifikaat ontvang nie maar slegs ’n gewone sertifikaat. Met hierdie gewone sertifikaat kan persone egter dan as tweede jaar studente inskryf by Perspektief Kollege in Potchefstroom, wat geakkrediteer is by die PUK, en met die nodige oorbruggings kursusse is die pad uiteindelik oop na latere graadstudie in pastorale berading by die PUK)
- Drie werkopdragte wat gedurende die jaar ingelewer moet word.
- ’n Skripsie aan die einde van die kursus.
Plek
Potchefstroom
Belangrike datums
Module 1
Werkswinkel: 21 – 24 Februarie 2012
Inhandigingsdatum van eerste werksopdrag: 30 Maart 2012
Module 2
Werkswinkel: 5-8 Junie 2012
Inhandigingsdatum van tweede werksopdrag: 15 Junie 2012
Module 3
Werkswinkel: 21 – 24 Augustus 2012
Inhandigingsdatum van derde werksopdrag: 28 September 2012
Module 4
Werkswinkel 4: 27 - 30 November 2012
Inhandigingsdatum van skripsie: 24 Desember 2012
Inhoud:
Module 1: Krisis en trauma berading
- Berading van persone in krisis – meer langtermyn gefokus
- Berading van persone op die toneel van krisis
- Berading van gesinne en families betreffende emosionele pyn wat vanaf een geslag na die volgende voortwoeker.
Werksopdrag 1: (15 getikte bladsye/8000 woorde).
Module 2: Innerlike genesing en gebedsterapie
- Die proses van genesing van emosionele pyn (met besondere verwysing na die rol van gebed)
- Die rol van verwerping
- Die rol van vergifnis
- Die rol van innerlike genesing betreffende die huwelik
Werksopdrag 2: (15 getikte bladsye/8000 woorde)
Module 3: Die wisselwerking tussen liggaam, gees en emosies
- Belangrike riglyne betreffende die fisiese versorging van die berader en beradenes, met besondere verwysing na die holistiese benadering gevolg deur die Meier klinieke.
- Die belangrike rol van breinskandering met betrekking tot pastorale berading, met besondere fokus op die bydrae deur dr Daniel Amen.
- Bybelse perspektiewe op die probleem van swaarmoedigheid
- Die Christen se worsteling met stres en uitbranding
- Pastorale beraders en die probleem van medelye-moegheid
Werksopdrag 3: (15 getikte bladsye/5000-7000 woorde)
Module 4: Verdere kritiese areas
- Pastorale begeleiding van persone getraumatiseer en verwond deur ‘n milieu van toksiese godsdiens
- Pastorale begeleiding van diegene wat geraak is deur trauma rondom seksualiteit – dit sluit in die volgende drie onderafdelings:
Verkragting, molestering en bloedskande
Aborsie, miskraam en stilgeboorte
Seksuele verslawing (pornografie, Internetseks, prostitusie, ens.)
- Pastorale begeleiding van diegene geraak deur ’n eetversteuring
- Hospitaal pastoraat – dit sluit in die volgende onderafdelings:
Algemene riglyne vir hospitaalbesoek
Treurberaad
Pastorale begeleiding van die terminale pasiënt
Skripsie
Totale lengte ongeveer 30 getikte bladsye.
Selfstudie
Van kursusgangers word verwag om ongeveer 2000 bladsye voorgeskrewe studiemateriaal te lees. Die voorgeskrewe handboeke en bundels moet deur die student self aangekoop word en die koste daarvan is dus nie ingesluit by die kursus fooi nie (die koste van studiemateriaal sal ongeveer R2500 beloop).
Evaluering
Evaluering sal geskied tydens die werkswinkels asook deur middel van die drie werksopdragte en die skripsie.
Koste
Registrasie fooi: R500
Kursus fooi: R5000 (betaalbaar in twee paaiemente):
1 Jan 2012: R2500
1 Julie 2012: R2500 (reëlings vir ander opsies kan egter getref word)
Studiemateriaal: R2500
Registrasie sperdatum: 15 Januarie 2012
Kontak gegewens: Prof. Wentzel Coetzer
E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Tel: 018-2947457
Sel: 0836600409


