'n Pastoraal-hermeneutiese benadering tot seksueel afwykende gedrag: Pedofilie

Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

deur Dr. Stella Potgieter

Hierdie is ʼn betreklike nuwe veld wat aandag vereis. Seksueel afwykende gedrag, en spesifiek pedofilie is nie net in Suid-Afrika nie, maar ook internasionaal, ʼn wydverspreide probleem en word selfs deur sommige navorsers as ʼn epidemie beskou. Die terughoudendheid van die algemene publiek ten opsigte van debatte aangaande pedoseksualiteit en pedofilie spoor persone met hierdie afwyking aan om met hulle doen en late vol te hou. As gevolg hiervan word die persoon met seksueel afwykende gedrag sosiaal geïsoleer, wat molestering net soveel makliker maak.

Pedoseksualiteit en pedofilie bied ʼn uitdaging aan die pastoraat omdat hierdie onderwerp in die verlede nie die nodige aandag gekry het nie. Daar word gedink en te kenne gegee dat hierdie seksuele afwyking nie in die Christendom voorkom nie. Navorsing toon egter dat 52% van alle pedofiele wat gevang is, Christene is. Seksuele misbruik van kinders kan voorkom word. Literatuur wys daarop dat pedoseksualiteit ʼn komplekse afwyking is, wat nie 'genees' kan word nie, maar slegs "beheer en bestuur" kan word. Omdat daar bitter min rehabiliteringsprogramme vir hierdie persoon in Suid-Afrika beskikbaar is, is dit noodsaaklik dat die pastoraat tot hierdie gebied sal toetree.

Die NWU (Fakulteit Teologie) bied ʼn kortkursus aan om predikers, pastorale beraders, jeugwerkers ens. bewus te maak asook hoe hierdie fenomeen prakties teologies hanteer moet word. Hierdie kursus is gerig op bewusmaking en opleiding sodat voorkomend opgetree kan word.

  • Bewusmaking

Dié kursusse sal persone toerus om meer bewus te wees van seksueel afwykende gedrag binne die gemeenskap. Persone sal bemagtig word met inligting, wat daartoe sal bydra om kinders teen molestering te beskerm sodat hulle in ʼn gesonde samelewing sal kan grootword.

  • Voorkoming

Dié kursus sal, in die lig van die hoë misdaadsyfer in ons land, ʼn bydrae tot voorkoming lewer. Baie gemeentes, wat oor Christelike beradingsentrums beskik waar beraders betrokke is, kan hieroor opleiding ontvang. "Instead of preventing a second offense, we can prevent the first offense."

  • Toerusting: onderrig en opleiding

Gespesialiseerde aandag kan aan die probleem gegee word, eerder as wat dit geïgnoreer word, soos wat in baie gevalle gebeur. Persone sal toegerus word om jongmense met onvanpaste seksuele gedrag, die oortreder, sowel as die slagoffer in nood, asook die gesin van albei te kan verwys na gespesialiseerde hulp, maar ook om hom/haar pastoraal te kan bystaan. Leiers en beraders word daagliks in die praktyk met seksueel afwykende gedrag gekonfronteer.

STATUS VAN KURSUS:

NWU sertifikaat

VEREISTE

Die basiese vereiste is matriek plus twee jaar tersiêre opleiding. Die kursus is veral gemik op leraars, jeugwerkers van kerke en skole, pastorale beraders, maatskaplike en sosiale werkers. Persone wat nie oor die nodige vereiste beskik nie kan die aanbieder kontak met betrekking tot ʼn alternatiewe opsie.

DUUR VAN DIE KURSUS

Daar is twee opsies om die kursus by te woon:

  1. Weekkursus vanaf Maandag 5 Maart tot Vrydag 9 Maart 2012.
  2. Kursus strek oor ses Saterdae (4,11,18,25 Feb en 4 Maart 2012). Registrasie by Fakulteit.

 

Spesifieke Kursus-Uitkomste en die Gepaardgaande Assesseringskriteria

Beskrywing

Spesifieke uitkomste

Assesseringskriteria

LEERAFDELING 1:  INLEIDING TOT SEKSUEEL AFWYKENDE GEDRAG: PEDOFILIE

Statistiek oor die fenomeen op pedofilie

Historiese perspektief

Verheldering van konsepte

Parafilie

Klassifikasie van pedofiele

Die persoonlikheidseienskappe Seksualiteit en verslawing

Teorieë oor pedofilie

Die tydlyn van oortreding

Van slagoffer tot molesteerder

Die kind as pedofiel

Kriminologiese perspektief

Die pastorale terapeut se posisionering

Genoegsame kennis ten einde in staat te wees om insig te kan demonstreer.

Die student sal die volgende demonstreer: insig en kennis t.o.v die aangeduide onderwerpe in die afdeling.

AFDELING 2: STRATEGIEË WAT BINNE PASTORALE TERAPIE AANGEWEND KAN WORD

  • Modelle
  1. Kerugmatiese model
  2. Eduktiewe model
  3. Noutetiese model
  4. Bipolêre model
  5. Holistiese benadering
  6. Pastoraal-narratiewe benadering.
  • Meditasie
  • Visualisering
  • Gestaltterapie
  • Groepspastoraat
  • Groepspastoraat aan slagoffers

Die verskillende pastorale modelle wat in die terapeutiese proses gebruik word, te analiseer en evalueer

In staat wees om die verskillende pastorale modelle te definieer en daaruit vir die spesifieke situasie te selekteer.

AFDELING 3: PRAKTIESE TOEPASSING IN TERAPEUTIESE PROSES

  • Pastorale narratiewe terapie met die deelnemer
  • Geestelike vrae by deelnemer
  • Afwykende seksualiteit
  • Godsvoorstelling
  • Verhoudingswese
  • Berou en bely is deel van die helingsproses
  • Vergifnis
  • Versoening
  • Bewusmaking van die fenomeen by die publiek

Die vermoë om in ʼn praktiese situasie in staat te wees om pastorale hulp te verleen aan ʼn persoon met seksueel afwykende gedrag

Die student sou ʼn persoon pastoraal begelei sodat sy seksueel afwykende gedrag beheer en bestuur sou kon word en sodoende ook ʼn ondersteuningsisteem te skep sodat verdere molestering van kinders voorkom kan word.

 

 

WERKSOPDRAG:

Een maand vanaf datum waarop kursus voltooi is, moet werksopdrag ingehandig word voordat sertifikaat uitgereik kan word.

KOSTE

Registrasiefooi: R500.00

Programfooi: R2000.00

Studiemateriaal: R200.00

PLEK VAN AANBIEDING:

Die kursus word aangebied by die Teologiese Fakulteit.

Indien daar 10 persone in ʼn sentra is wat kursus wil bywoon kan kursus op ʼn sentrale plek wat kursusgangers sou pas aangebied word.

Aanbevelings rakende verblyf kan op navraag voorsien word.

KONTAK GEGEWENS: Tercia van der Merwe

E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Tel: 018 2991841

Faks: 0182991061

of

Dr. Stella Potgieter

E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Sel: 0729719607

 

What is SAAP?

The need for pastoral work

South Africans suffer from spiritual wounds and stress. The causes are many - the lack of reconciliation, poverty, HIV/AIDS, unemployment, ongoing violence, crime and transformation in the workplace. Problems in the family, marriage and relationships are compounded by the issues such as debt and work-related stress.

An overwhelmed society needs trained caregivers to actively become part of the healing process.

Read more

  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow

Quote

Be on your guard; stand firm in the faith; be men of courage; be strong. - 1 Corinthians 16:13 (NIV)