Sertifikaatkursus in Pastorale Sorg (Universiteit van die Vrystaat)

Tweejarige sertifikaatkursus in Pastorale Sorg

By die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat

Hierdie tweejarige sertifikaatkursus in Pastorale Sorg bied ’n uitstekende inleiding tot berading en hulpverlening in ’n Christelike konteks.

Suid-Afrika het groot behoefte aan mense wat in die voorste linie kan veg teen sosiale euwels soos drankmisbruik, chemiese afhanklikheid, tienerswangerskappe,verkragting en huislike geweld en wat bystand kan bied aan mense met depressie en ander gemoedsversteurings, huweliksprobleme, gesinsprobleme en angsversteurings.

Die student doen kennis op oor –

  • · Die verhouding tussen Pastorale Berading, Sielkunde en Psigoterapie;
  • · Die wetlike bepalinge van die RSA ten opsigte van geestesgesondheid;
  • · Die werking van die menslike brein;
  • · Die funksie van slaap en drome;
  • · Die huwelik;
  • · Die sielkundige uitwerking van siektes soos hartkwale, kanker en MIV/VIGS;
  • · Die probleme van kinders en adolessente;
  • · Die probleme van bejaardes; en
  • · Die belangrikste benaderings ten opsigte van berading en psigoterapie.

Inligting word verskaf oor ’n wye reeks sielkundige versteurings soos –

  • · Psigoses;
  • · Obsessies en kompulsies;
  • · Psigologiese trauma; en
  • · Persoonlikheidsversteurings.

Die volgende vaardighede word aangeleer:

  • · Kommunikasievaardighede en luistervaardighede;
  • · Die gebruik van die Bybel en gebed in ’n beradingsituasie;
  • · Tegnieke vir die oplos van probleme;
  • · Konflikhantering;
  • · Die hantering van krisisse soos dreigende selfmoord; en
  • · Huweliksberading.

Die kursus word ingebed in ’n Bybelse siening oor die mens in nood, siekte en patologie en daar word aangetoon waar die vak Pastorale Sorg by die geheel van die Teologie as wetenskaplike dissipline inpas.

Vir wie?

Die kursus is bedoel vir almal wat in situasies kom waar pastorale sorg benodig word: predikante, onderwysers, kerkraadslede, Bybelstudieleiers, Sondagskoolonderwysers, jeugleiers, verpleegsters, polisiebeamptes, regsgeleerdes en enigiemand wat andere wil dien.

Kursusaanbieder

Die kursusleier is Dr. Adelbert Scholtz, ’n geregistreerde voorligtingsielkundige, emertitus-predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en deeltydse dosent in die Departement Praktiese Teologie van die Universiteit van die Vrystaat. Hy het doktorsgrade in Sielkunde en Kerkgeskiedenis, die doktorale eksamen in Filosofie, asook meestersgrade in Nuwe Testament en Pastorale Gesinsterapie.

Afstandsonderrig

Die kursus word volledig elektronies aangebied en voornemende studente kan dit dus tuis afhandel. Vir onderrigdoeleindes word Blackboard, ’n elektroniese onderrigplatform, gebruik en dit is dus noodsaaklik dat studente toegang tot die Internet het; asook ’n eie e-posadres. Studente moet op gereelde basis take en praktiese werk elektronies inlewer.

Aan die einde van die jaar word die student geëksamineer deur middel van gevallestudies wat binne ’n sekere tyd afgehandel word.

Die kursus bestaan uit twee modules van 64 krediete elk en word oor twee jaar aangebied.

Afrikaans of Engels

Studente kan die kursus in Afrikaans of Engels doen. Studente registreer elke jaar vir een van die modules. ’n Student moet die eerste module slaag om toelating tot die tweede module te kry.

Toelatingsvereistes

Om tot die kursus toegelaat te word, moet ’n student ’n Senior Sertifikaat of ’n Nasionale Seniorsertifikaat met ’n toelatingspunt van 17 punte hê.

Sluitingsdatum

Studente moet vóór die einde van Oktober aansoek doen om toelating tot die kursus. Studente word dan deur die Universiteit in kennis gestel dat hulle toegelaat is tot die kursus waarna hulle elektronies moet registreer.

Meer inligting oor die aansoek- en registrasieproses by http://studentportal.ufs.ac.za/

KOSTES

Aansoekfooi: R 150

Registrasiefooi: R925

Klasgelde per jaar: Ongeveer R5300. (In 2013 sal klasgelde met ongeveer 10% verhoog word.)

HOE OM VIR 2012 AANSOEK TE DOEN

Selekteer die toepaslike aansoekvorm op hierdie webwerf:

http://studentportal.ufs.ac.za/content.php?DCode=0&DivCode=0&id=85

Sluitingsdatum vir aansoeke 30 September 2011. Dui asb. duidelik op u aansoekvorm die volgende aan: Teologie: Sertifikaat in Pastorale Sorg (9005/M9000).

Vir navrae oor toelating en registrasie, kontak me. Annelien Labuschagne:

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Vir navrae oor die inhoud van die kursus, kontak Dr. Adelbert Scholtz

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

What is SAAP?

The need for pastoral work

South Africans suffer from spiritual wounds and stress. The causes are many - the lack of reconciliation, poverty, HIV/AIDS, unemployment, ongoing violence, crime and transformation in the workplace. Problems in the family, marriage and relationships are compounded by the issues such as debt and work-related stress.

An overwhelmed society needs trained caregivers to actively become part of the healing process.

Read more

  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow

Quote

Whatever course you decide upon, there is always someone to tell you that you are wrong. There are always difficulties arising which tempt you to believe that your critics are right. To map out a course of action and follow it to an end requires courage. - Ralph Waldo Emerson