Werkswinkel: Ontwikkeling van gesonde seksualiteit by kinders onder 12

Aanbieder: Dr Annelize Endres

Die werkswinkel van 3 ure neem ‘n beperkte aantal persone per werkswinkel sodat daar aan elkeen se behoeftes en vrae voldoen kan word.

Tye: Maandae, Dinsdae, Donderdae en Saterdae van 09:00-12:00

Plek: NG Wonderpark-terrein Sentrum, Pretoria.

Die beste en die mees effektiefste rede vir seksuele beheersing en verantwoordelikheid is dat dit ‘n mens se kanse vir ‘n suksesvolle langtermyn verhouding verhoog en ‘n veilige en gelukkige gesin moontlik maak.  ‘n Kind met hierdie droom en visie sal beter keuses en besluite in elke gebied van sy of haar lewe maak.

Ons spandeer heelwat tyd aan die groot gesprek wat jy met jou kind behoort te hê oor die seksuele en  op watter ouderdom die gesprek behoort plaas te vind. Die tyd vir die gesprek is ‘n saak van balans:  nie te vroeg of te veel voordat hulle geïnteresseerd en gereed is om te verstaan nie.  Moet ook nie wag totdat hulle te veel van die verkeerde bronne hoor nie.  Daar word ook genoeg inligting en praktiese wenke gegee vir die gesprek asook vir die klein gesprekkies wat hierdie gesprek vooraf  gaan en daaropvolgende gesprekke.

Die volgende sake kry onder andere aandag:

1.         Verskil tussen kinder- en volwasse seksualiteit

2.         Natuurlike en gesonde seksualiteit by kinders

3.         Redes waarom sommige kinders nie gesonde seksuele gedrag het nie

4.         Normale seksuele gedrag by kinders 0-6

5.         Normale seksuele gedrag by kinders 7-11

6.         Waarna moet ek as ouer oplet as ek bang was my kind het op hierdie gebied seergekry?

7.         Opvoeding:  gevare van Internet en media

8.         Die groot gesprek:  Praktiese riglyne en storie

9.         Die opvolggesprekke en kommunikasie op verskillende ouderdomme oor seksualiteit

10.       Seksuele grense by kinders

11.       Hoe om die risiko van seksuele misbruik te verminder

Koste: R300 (sluit verversings en materiaal in).

Veilige parkering.

Skakel Wannie by 082 828 5754

Aanbieder: Dr Annelize Endres, bekende spreker en skrywer, BA, BD, MTh, PhD (UP), Hons in sielkunde (Unisa).  Spesialis in onder andere  akute en kroniese trauma, seksuele verslawings en seksuele anoreksia (intimiteitsversteurings).  Geregistreer by SAAP.

 

What is SAAP?

The need for pastoral work

South Africans suffer from spiritual wounds and stress. The causes are many - the lack of reconciliation, poverty, HIV/AIDS, unemployment, ongoing violence, crime and transformation in the workplace. Problems in the family, marriage and relationships are compounded by the issues such as debt and work-related stress.

An overwhelmed society needs trained caregivers to actively become part of the healing process.

Read more

  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow

Quote

So do not fear, for I am with you; do not be dismayed, for I am your God. I will strengthen you and help you; I will uphold you with my righteous right hand. - Isaiah 41:10 (NIV)