Jaarkursus in die behandeling van seksuele verslawing

Theo B. Kriek bied aan 'n Sertifikaat in die behandeling van seksuele verslawing

Note that the one-year certificate course for the counselling of sexual addiction can also be presented in English on request, if at least ten people are interested.

Plek: Krugersdorp

Status van die kursus: Sertifikaat

Duur van die kursus: Een jaar (1 Jan 2012 – 31 Des 2012)

Struktuur:

  • Vier verpligte werkswinkels van vier dae elk, versprei oor ‘n jaar.
  • Drie werkopdragte wat gedurende die jaar ingelewer moet word.
  • ‘n Skripsie aan die einde van die kursus
  • Supervisie: 20 ure groep, en 10 ure individueel

Vereistes:

Die basiese vereistes is matriek plus ‘n graad/diploma in Pastorale Berading (sielkundiges of maatskaplike werkers sou ook kon inskryf vir hierdie kursus asook enige persoon met ‘n toepaslike driejarige tersiêre opleiding in die menslike wetenskappe).

Registrasie:

Sperdatum is 15 Januarie 2012

Agtergrond:

As gevolg van die beskikbaarheid van internet pornografie, het seksuele verslawing ‘n nasionale epidemie geword wat tot 10% van die bevolking affekteer.  Die effek van die verslawing op die een wat daarin verstrengel raak, is soortgelyk as die verwoesting wat kom as gevolg van verslawing aan drank en dwelms. Maar daar is hoop vir manne en vroue wat vasgevang is in die draaikolk van seksuele verslawing. Die oogmerk van hierdie kursus is gevolglik om persone wat ‘n passie het om ander uit hul seksuele verslawing te help, toe te rus om hierdie taak te kan verrig. Die kursus is baie sterk praktykgerig en is geskoei op die taakgeoriënteerde benadering tot die herstel uit verslawing, wat deur  Dr. Patrick Carnes, ‘n wêreldkenner op die gebied van seksuele verslawing, ontwikkel is. Afgesien van die akademiese toerusting wat hierdie kursus bied, hou dit ook ‘n groot stuk groei en verryking in – jou lewe sal nie weer dieselfde wees nie! Jou benadering tot die lewe sal verdiep en verryk word, en jy sal verslawingsterapie as ‘n geskenk ontdek wat jou eie lewe radikaal sal impakteer!

Kursusleier:

Theo B. Kriek – Hy is ‘n opgeleide NG leraar (BA, BD) met 15 jaar ondervinding. Hy is opgelei as ‘n seksuele verslawingsterapeut , deur Dr. Patrick Carnes, van die International Institute for Trauma and Addiction Professionals, in Phoenix, Arizona, VSA. Hy is as ‘n Pastorale Terapeut (vlak 4) geakkrediteer by ‘The Southern African Association for Pastoral Work’. Hy het ook opleiding ontvang deur Ellel Ministries,  is ‘n opgeleide poligraaf met ‘n diploma in Psigo-fisiologiese uitkenning van misleiding (top kandidaat toekenning). Hy werk tans twee dae per week as pastorale terapeut by Rant-en-Dal Gemeenskapskerk in Rant-en-Dal Krugersdorp, en die ander drie dae bedryf hy ‘n privaatpraktyk, waar hy spesialiseer in groepe wat werk met seksuele verslawing en mede-afhanklikheid (co-dependency).

Aanbeveling:

Prof Wentzel Coetzer beveel aan:

“Graag beveel ek hierdie kursus wat deur Theo Kriek aangebied word van harte aan. Dit is gebaseer op die grondleggingswerk van Patrick Carnes wat met die heel eerste klinieke in die VSA begin het vir seksueel verslaafdes. Die behoefte aan beraders en terapeute met die nodige kennis op hierdie terrein is oorweldigend en hoe meer persone op hierdie wyse toegerus kan word hoe meer effektief kan die oorweldigende nood en behoefte daar buite aangespreek word. Met die ervaring wat Theo reeds agter die rug het, is hy besonder toegerus om ‘n kursus soos hierdie aan te bied en sal dit vir elke student beslis ‘n verrykende en leersame ervaring wees.”

Belangrike datums:

Module 1

Werkswinkel: Wo 22 – Sat 25 Februarie 2012

Inhandigingsdatum van eerste werksopdrag: 30 Maart 2012

Module 2

Werkswinkel: Wo 23 – Sat 26 Mei 2012

Inhandigingsdatum van tweede werksopdrag: 15 Junie 2012

Module 3

Werkswinkel: Wo 22 – Sat 25 Augustus 2012

Inhandigingsdatum van derde werksopdrag: 28 September 2012

Module 4

Werkswinkel 4: Wo 28 November – Sat 1 Desember 2012

Inhandigingsdatum van skripsie: 24 Desember 2012

Inhoud:

Module 1: ‘n Inleiding tot die behandeling van seksuele verslawing

  • Die ontwikkeling van seksuele verslaafdheid
  • Kriteria: wat maak van iemand ‘n seksueel verslaafde
  • Die fases van herstel
  • ‘n Taak gebaseerde herstel proses: take een tot sewe
  • Tien tipes seksuele verslawing
  • Ondersteuningsgroepe en verantwoordbaarheid
  • Die bekendmakingsproses van verslawing aan geliefdes
  • Hoe om te voorkom dat iemand terugval
  • Hoe lyk gesonde seksualiteit

Werksopdrag 1: (15 getikte bladsye/8000 woorde).

Module 2: Die rol van die familie in die herstel proses

  • Die impak op die eggenoot
  • Fases van herstel vir die eggenoot
  • Ontdekking van die verslaafdheid en hantering van die ontnugtering
  • Sewe take van herstel vir die eggenote
  • Die seksuele trauma model
  • Die sewe uitdagings vir herstel van die verslaafde se familie
  • Bekendmaking aan kinders
  • Disfunksionele familie sisteme
  • Prakties: kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde

Werksopdrag 2: (15 getikte bladsye/8000 woorde).

Module 3: Lewe in die herstel sone

  • Risiko betreffende die terapeut
  • Sekondere trauma
  • Verstaan veelvoudige verslawing en verslawing interaksie
  • Kinder pornografie
  • Verstaan wat verslawing aan die brein doen
  • Verstaan hoe werk rouprosesse
  • Verstaan jou trauma
  • Verstaan jou ontwikkelingsfases
  • Verstaan jou reaksies op trauma
  • Die dilemma oor hoe om met komplekse trauma saam te leef
  • Werk, finansies, gesonde lewens patrone en jou geestelike lewe

Werksopdrag 3: (15 getikte bladsye/8000 woorde).

Module 4: Ek, die terapeut!

  • Ek en my roeping
  • Uitbranding en die terapeut
  • Tien goeie gewoontes van goeie terapeute
  • Doelwitte vir die behandeling van seksuele verslawing
  • Doelwitte vir die terapeut in die herstel proses
  • Hoe weet ek wanneer ek genoeg gedoen het
  • ‘n Ses punt plan vir die herkenning van verslawing: PATHOS
  • Hoe bemark ek wat ek doen
  • Hoe sit alles in mekaar

Skripsie

Totale lengte van ongeveer 30 getikte bladsye

Selfstudie

Van kursusgangers word verwag om ongeveer 2500 bladsye voorgeskrewe studie materiaal te lees. Die voorgeskrewe materiaal moet deur die student self aangekoop te word, en die koste daarvan is dus nie ingesluit by die kursus fooi nie.

Evaluering

Evaluering geskied tydens die werkswinkels asook deur middel van die drie werkopdragte, die skripsie en die verpligte supervisie.

Koste

Registrasie fooi: R500

Kursus fooi: R6000 (betaalbaar in twee paaiemente):

1 Jan 2012: R3000

1 Julie 2012: R3000 (reëlings vir ander opsies kan egter getref word)

Studiemateriaal: R1800

Kontak gegewens

Theo Kriek: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

076 165 1587 (sel)

 

 

What is SAAP?

The need for pastoral work

South Africans suffer from spiritual wounds and stress. The causes are many - the lack of reconciliation, poverty, HIV/AIDS, unemployment, ongoing violence, crime and transformation in the workplace. Problems in the family, marriage and relationships are compounded by the issues such as debt and work-related stress.

An overwhelmed society needs trained caregivers to actively become part of the healing process.

Read more

  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow

Quote

Be strong and of good courage, do not fear nor be afraid of them; for the LORD your God, He is the One who goes with you. He will not leave you nor forsake you. - Deuteronomy 31:6 (NKJV)