Plek: Potchefstroom
Kursusleier: Prof Wentzel Coetzer
Duur van kursus: 1 Julie 2011 – 30 Junie 2012
Module 1: Krisis en trauma berading (berading van getraumatiseerde persoon, ontlonting en nasorg, intergeneratiewe trauma)
Module 2: Innerlike genesing en gebedsterapie (rol van gebed; verwerping; vergifnis; innerlike genesing betreffende die huwelik).
Module 3: Die noue wisselwerking tussen liggaam, gees en emosies (depressie; stres; uitbranding; die bydrae deur breinskandering; liggaamlike probleme as gevolg van onverwerkte trauma).
Module 4: Verdere kritiese areas (seksualiteit wat insluit verkragting, aborsie en seksuele verslawing; eetversteurings; hospitaal pastoraat; toksiese godsdiens).
Registrasie sperdatum: 15 Junie 2011.
Prof Wentzel Coetzer by: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Tel nr: 018-2947457 (h)
Sel: 0836600409
Detail
Suid-Afrika kan beskryf word as ‘n getraumatiseerde gemeenskap. Talle persone is reeds geraak deur trauma en krisisse en daar is sovele wat worstel met ‘n magdom van onverwerkte emosionele pyn. Die oogmerk van hierdie kursus is gevolglik om persone wat ‘n passie vir andere se seer het, toe te rus om pastorale begeleiding te kan bied aan diegene wat deur trauma en krisisse geraak is. Die fokus in die kursus sal ‘n sterk holistiese karakter hê waar aandag gegee word aan die fisiese, emosionele en geestelike dimensies van die getraumatiseerde persoon. Die kursus is ook baie sterk praktyk gerig met talle praktiese voorbeelde wat telkens as toepassing dien van basiese teoretiese uitgangspunte. Afgesien van die akademiese toerusting wat hierdie kursus bied, hou dit ook ‘n groot stuk geestelike groei en verryking in – u mag nie hierdie geleentheid misloop nie!
Vereistes
Die basiese vereiste is matriek – waar applikante nie oor matriek beskik nie, moet hulle navraag doen oor ‘n alternatiewe opsie
Duur van kursus
Een Jaar (1 Julie 2011 – 30 Junie 2012) – indien ‘n student egter nie daarin slaag om binne die eerste jaar al die verpligte werksopdragte af te handel nie, kan die kursus verleng word oor twee jaar – by die aanvang van die tweede jaar sal daar dan net weer ‘n registrasie fooi van R500 betaalbaar wees.
Struktuur
- Vier verpligte werkswinkels (vier dae elk) versprei oor ‘n jaar (waar persone weens onvermydelike omstandighede nie ‘n werkswinkel kan bywoon nie sal hulle verplig word om die CD’s aan te koop met die basiese inhoud van die betrokke werkswinkel)
- Drie werkopdragte wat gedurende die jaar ingelewer moet word
- ’n Skripsie aan die einde van die kursus
Plek: Potchefstroom
Belangrike datums
Module 1: Werkswinkel: 2 - 5 Augustus 2011
Inhandigingsdatum van werksopdrag 1: 26 September 2011
Module 2: Werkswinkel: 1 - 4 November 2011
Inhandigingsdatum van werksopdrag 2: 3 Januarie 2012
Module 3: Werkswinkel: 7 – 10 Februarie 2012
Inhandigingsdatum van werksopdrag 3: 30 Maart 2012
Module 4: Werkswinkel 4: 8 – 11 Mei 2012
Inhandigingsdatum van skripsie: 22 Junie 2012
Inhoud:
Module 1: Krisis en trauma berading
- Berading van die getraumatiseerde persoon
- Ontlonting en nasorg
- Intergeneratiewe trauma (die pyn en seer binne ’n familie)
Werksopdrag 1: (15 getikte bladsye/5000-7000 woorde).
Module 2: Innerlike genesing en gebedsterapie
- Die proses van genesing van emosionele pyn (met besondere verwysing na die rol van gebed)
- Die rol van verwerping
- Die rol van vergifnis
- Die rol van innerlike genesing betreffende die huwelik
Werksopdrag 2: (15 getikte bladsye/5000-7000 woorde)
Module 3: Die wisselwerking tussen liggaam, gees en emosies
- Die belangrike rol van fisiese aspekte in die beradingsproses (met besondere verwysing na die benadering gevolg deur die Meier klinieke)
- Die belangrike rol van breinskandering met betrekking tot pastorale berading (met besondere fokus op die bydrae deur dr Daniel Amen)
- Depressie
- Stres en uitbranding
- Uitgebrande beraders (sekondêre trauma en medelye-moegheid)
Werksopdrag 3: (15 getikte bladsye/5000-7000 woorde)
Module 4: Verdere kritiese areas
- Persone getraumatiseer en verwond deur ‘n milieu van toksiese godsdiens
- Seksualiteit – dit sluit in die volgende drie onderafdelings:
- Verkragting, molestering en bloedskande
- Aborsie, miskraam en stilgeboorte
- Seksuele verslawing (pornografie, Internetseks, prostitusie, ens.)
- Eetversteurings
- Hospitaal pastoraat – dit sluit in die volgende onderafdelings:
- Algemene riglyne vir hospitaalbesoek
- Treurberaad
- Pastorale begeleiding van die terminale pasiënt
Skripsie
Totale lengte ongeveer 30 getikte bladsye.
Werkswinkels
Onderrig geskied aan die hand van die voorgeskrewe bundels – in die geval van ander stof wat behandel word, sal sleutelnotas voorsien word. Daar sal ook geleenthede vir bespreking wees.
Selfstudie
Van kursusgangers word verwag om ongeveer 2500 bladsye voorgeskrewe studiemateriaal te lees. Die voorgeskrewe handboeke en bundels moet deur die student self aangekoop word en die koste daarvan is dus nie ingesluit by die kursus fooi nie (die koste van studiemateriaal sal ongeveer R2500 beloop).
Evaluering
Evaluering sal geskied deur middel van die drie werksopdragte en ‘n skripsie.
Koste
Registrasiefooi: R500
Kursus fooi: R5000 (betaalbaar in twee paaiemente):
- 1 Julie 2011: R2500
- 2 Januarie 2012: R2500 (reëlings vir ander opsies kan egter getref word)
Registrasie sperdatum: 15 Junie 2011
Status van kursus: Sertifikaat
Navrae
Kontak Prof Wentzel Coetzer by: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Tel nr: huis: 018-2947457 en sel: 0836600409


